Friday, 13 January 2023

Begin van 'n nuwe jaar met nuwe uitdagings.

 

  Vrydag 12 Januarie 2023

En so het 'n nuwe jaar alweer begin. Ek moet vandag  bieg dat hierdie siektes van my met my woer-woer gespeel het die afgelope klompie jare. Na die eerste Carcinoid aanval in Jeffreysbaai wat vir my beteken het dat ek maar my werk moes los en begin om af te tree, het die ou kanker my nogal oorheers aangesien ek geweet het hoe ernstig die tipe kanker kan wees en het ek enige verswakking maar daaraan toegeskryf. Vandag leef ek maar met basies voltydse Carcinoid Sindroom so dit oorheers maar alles wat ek kan doen. Waar ek vroeër nog elke dag die tuin kon natgooi en bietjie buite sit terwyl ek ‘n vleisie braai, moes Hettie maar die tuin heeltemal oorneem behalwe die goed wat ek maar altyd van saad gekweek het. Al die Clivias, Oranje rivier en Natal lelies hierdie jaar. Maar nou moet ek erken dat daar iets anders is wat meer slu is as die kanker en jou kan laat glo dat dit die kanker die rede is sonder dat jy enigsins iets anders verwag. Al staan dit in jou verslae van ander spesialiste, kyk jy dit mis want jy wil weet hoe hierdie kanker versprei en waar dit oral is. Ek het hier ‘n stukkie ingelas wat ek al vyf jaar gelede na ‘n ondersoek gekry het in die verslag maar my houding was maar net ek is bewus daarvan maar dit kan ons later oor besluit wat om te doen. Die simptome en gevolge van die siekte het ek aan die NETkanker toegeskryf.

In die verslag word daar telkens verwys na “degenerative changes of the spine”. So daar is verwys dat die rug se beenstruktuur besig is om te verander en dat daar aandag aan bestee moes word. Ek moet sê ek het die hele tyd maar gaan kyk waar uitsaaiings was maar nie veel aandag gegee aan die osteoporose nie aangesien ek geweet het die ou been struktuur is maar nie baie goed nie. Wat ek wel oor gepla was so nou en dan was so ‘n steek hier gelyk met die regter nier en dat my voetsole van albei maar meestal op die regter voet so nou en “geslaap” het. Ek het die maar afgeskryf as die gewas wat deur die gedeelte van die gewas toegeskryf wat besig is om my bloedtoevoer af te sny. So nie gedink dat dit die 25 jaar + se rug fusie is wat besig is om uitmekaar te val nie. So dit het gebeur met my val vroeg in 2021. Maar wat gebeur het hier is dat die gewas saam met die aar na die ruggraat toe versprei het en toe vir hom ‘n nuwe huisie gebou het so om die vorige fusie van die L en S reeks werwels.

So hierdie slu osteoporose was toe al die tyd die rede dat ek minder beweeg saam was, dat ek toe maar later met ‘n kierie geloop het en dit vir my moeilik was om op sekere tipe stoele te sit, veral die wat so lekker laag is. Wanneer ek daarop gaan sit het moes Hettie of iemand maar net anker speel dat ek myself weer mooi regop kan kry om te staan.

So ek maak nie verskoning vir feite wat ek dalk verkeerd het in my blog nie, maar het nie geweet dat osteoporose ook so kan wegkruip nie.

So nou moet ons maar soek om ‘n uitweg te kry om die kussing wat die senuwees vasknyp reg te kry sonder om een van die hoof senuwees raak te sny. Dit was nou September se missie.

En wat het gebeur. Niks. Na drie weke in die hospitaal en nog reekse CT scans en MRI’s is daar besluit hulle kan my nie verder help nie, en is ek ontslaan. Ek is maar terug na onkologie want toe het die hardlywigheid begin oorhand kry en na ‘n paar besoeke is ek nou op medisyne wat my stoelgang mooi loperig hou sodat dit kan deurkom en in die aande trek ek maar los met skote wat klap dat ek dink ek is weer in die weermag en ek is by die skietbaan. Party winde is kort en kragtig en ander het weer langasems maar gelukkig kry ek darem iets om my te laat slaap maar ons kamer kan maar nogal ‘n goeie reuk hê in die oggende. Ek kan ook net op my regter sy lê sodat alles se gewig wegkom van die dikderm en die winde kan uitkom. Gelukkig slaap ons op aparte beddens wat ons vroeër teen mekaar gestoot het en as ‘n konings grote bed gebruik het, maar nou van mekaar geskei het sodat ek my winde maar muur toe kan stuur. En daar is ook darem lugverfrisser wat ons by die dosyne gebruik.

Maar met die begin van 2023 weet ons nie wat gaan gebeur nie. My seun se skoonpa is op 30 Desember  2022 oorlede na hy net ‘n oomblikkie op die bed wou gaan lê het. Maar dit kan nou snaaks klink dat ek nie graag wil gaan lê in die dag nie en elke oggend opstaan om ontbyt te maak, te stort en aan te trek. Daar gaan net te veel mense in hulle beddens dood en ek wil nie nou al gaan nie. Ek het nog te veel video’s om te maak voor ek reg gaan wees daarvoor. En nou het ek nog my baard so ‘n paar happe gesny so dit gaan nou so twee weke vat om uit te groei voordat ek weer voor die kamera gaan inskuif.

So vandag loop ek maar met krukke indien dit ‘n kort afstand is, so tot en met 50 meter, binne die huis sonder hulp maar nou ons plek is maar bitter klein na wat ons gewoond was, ek dink die verste plek is van die “groot” rekenaar na die toilet en dit is so 8 meter uit mekaar, en ander afstande maar in my rystoel. So verwag maar redelik baie nuwe of hersiene uitgawes van dit wat ek die afgelope 20+ jare geskryf het, en dan gaan ek probeer om dit alles as video’s bekend te stel. So ek het klaar die Youtube skakel gedoen en is nou besig met die eerste artikel wat ek weet baie mense gaan kwaad maak of gelukkig gaan maak, maar die groep wat gelukkig gaan wees gaan maar min wees. En dit gaan maar oor wie of wat die Antichris is, en gebruik ek twee persone wat baie hoë plekke beklee binne Christenskap om vir ons te wys wat is reg en wat is verkeerd. Dit is maar na aanleiding van sovele mense wat nou skielik met hul vuil wasgoed uitkom, en mense wat maar net daar is om geld uit mense te maak. Maar ek vra maar net dat jy die logika sal verstaan en dan val alles verder in plek. Maak net seker dat jy die verskil tussen ‘n belofte, gelofte, en verbond verstaan. En daarvoor het jy nie Grieks, Latyn of Hebreeus nodig nie. Gelukkig het ek ek 'n voorvader wat ook 'n Erasmus was, Desiderius Erasmus, en hy het die Bybel in Latyns vertaal en dit is wat gelei het tot die reformasie met Luther en Calvyn. So ek kon toe ook 'n artikel skryf oor wat die verskille is en kan hier na gekyk of afgelaai word.

So tot volgende keer. Vertrou op die HERE en Hy sal sorg vir alles. En geniet die volgende lied wat in Acapella gesing word deur Pentatronix. 

https://www.youtube.com/watch?v=LRP8d7hhpoQ


 

Tuesday, 25 January 2022

So ‘n opdatering van my gesondheid en waar ons huidig staan.

 

Ek onthou die dae toe ek elke week, en later maand, en nog later so elke nou en dan ‘n opsomming geplaas het van wat met my gesondheid aangaan, en hoe hierdie ou snaakse kanker my lewe beïnvloed het.

En toe het selfs ek moeg geraak vir die ou storie en opgehou daarmee. Ek het so nou en dan dalk iets genoem maar nooit juis iets weer intens daaroor geplaas nie. Nou met die begin van ‘n nuwe jaar, en ja die helfte van Januarie is al klaar weer verby, het ek gedink dat ek net weer so ‘n opsomming moet plaas en net weer almal opdateer wat aangaan in my en Hettie se lewens en natuurlik, met hierdie snaakse kanker en sy gevolge.

Hierdie gedeelte beskryf seker die laaste jaar of twee se tyd, en al die goed wat maar ‘n man se kop kan deurmekaar maak.

So drie jaar terug het ons jongste dogter besluit om haar LLB te voltooi en moes hulle maar die plaas vaarwel roep en Bloemfontein toe trek sodat sy haar klerkskap kon voltooi. Sy het eers op 34 jarige leeftyd begin met haar LLB toe die kinders albei skool toe is. Vir my skoonseun was dit half moeilik alhoewel hy eintlik maar net na werkstyd en naweke kon boer en sy pa het maar aangegaan met die boerdery, aangesien hy maar heeldag voor die rekenaar sit en werk aan implementering van ‘n baie groot instandhouding stelsel, en hy ook maar elke nou en dan vir ‘n week of wat kliënte toe moes gaan vir implementering, opleiding gee en goggas gaan soek het wat maar iewers in die stelsel ingekruip het. So vir hom is dit tot vandag toe so dat hy van die huis af werk en net so elke nou en dan verdwyn. Nou moet ek byvoeg die afgelope jaar was dit maar baie min gewees.

In elk geval, wat hulle al twee ons goed laat verstaan het is dat indien my gesondheid verswak ek maar net sal moet huis verkoop en nader trek. So toe hulle ‘n huis koop in Bloemfontein moes die huis ‘n woonstel vir oupa en ouma hê. Hulle het toe so gedoen en toe ‘n plek gekry waar dit basies twee eiendomme is aangesien daar slegs een hek is tussen hulle tuin en ons tuin wat goed weggesteek is en ons regtig nog steeds apart kan lewe. So daar is nie ‘n elke dag se koffie drink of saam eet nie, en is daar twee woonstelle, een bo en ons s’n onder op grondvlak.

Nou kan ek eintlik begin.

Oktober 2020 het so ‘n regte verandering in ons almal se lewens gehad. Dit wat ek ervaar het was dat die onderste aorta se bloedvloei beperk word deur die gewas wat om hom is, en dat dit my onderlyf regtig maak dat daar tye is waar my bene en voete koud geraak het, en ons gevoel het dat ek besig is om maar te moet klaarmaak met die onderlyf aangesien dié so elke nou en dan basies gevoel het of dit “dood” was. Ek het toe al geruime tyd maar my kierie gebruik om my mooi stabiel te hou selfs al het ek net die tuinslang gevat en my roostuin te gaan natgooi. Dan het ek sommer die ou kierie gebruik om ‘n groot gedeelte van my gewig ook te dra. En bloed druk was baie hoog om die bloed deur die een gewas na die onderlyf te kry. Net vir die wat dalk wonder, die gewas kan nie verwyder word nie want die onderste aorta is omring deur die gewas, so met vertakkings van die aorta en  binne die gewas, is daar min dokters wat daar sal probeer sny. Dit het ek al 1995 gehoor toe hulle die kanker ontdek het dat ek maar sal moet leer om saam met die gewas te leef. Hulle het chemo terapie probeer wat almal gedink het dat dit redelik geslaagd was. So ek het maar normaal met my lewe aangegaan. Sien maar my agtergrond geskiedenis hier.

Skoonseun se ma het toe die een Saterdag ‘n enorme beroerte gehad en het haar dogter/ambulans met haar deurgejaag Bloemfontein toe om te kyk of hulle kon help. Sy was maar voltyds gekoppel aan suurstof, hart/long masjien en alles om te kyk of sy weer haar bewussyn sou herwin en het die kinders almal kom kyk hoe dit met hulle ma gaan, en het skoonseun en ons dogter maar elke dag geroteer om vir ‘n uur of wat by haar te kuier, te lees en te bid. Na ek dink twee weke het almal besluit om die masjiene af te skakel en was dit haar einde.

Die begrafnis was op Burgersdorp, maar as gevolg van COVID, kon slegs 50 mense die begrafnis bywoon. Ek en Hettie was verbaas dat die kinders besluit het dat ons ook kon gaan maar die hele familie het gevoel dat ons moes kom omdat ons maar baie tyd op die plaas spandeer het en gereeld kontak met almal gehad het al was daar twee groot huise en ons mekaar partykeer nie eers gesien het terwyl ons daar gaan kuier het nie.

Ek en Hettie het besluit dat wanneer ons dogter ons kom haal vir die begrafnis, ons die Bloemfontein storie wou aanraak sodat hulle maar moes begin dink daaraan dat ek baie meer mediese aandag nodig het as wat ek op ons ou dorpie sonder ‘n privaat dokter kon kry.

Die begrafnis het baie goed afgeloop en net die regtig naby familie, kinders, haar suster en ons het weer op die plaas bymekaar gekom. Ons is toe ook huis toe met die wete dat die kinders daaroor sou dink. Skoonseun moet jy nie skielik met nuwe goed oorval nie en ons het verwag dat hulle dit so oor die volgende maand sal begin aanraak en dan dalk Kersfees wanneer hulle by ons kom eet, ons daaroor kan gesels.

Wel duidelik het die HERE ander gedagtes gehad. Toe die kinders by die plaas uitry later daardie middag was skoonseun se eerste woorde jou ma en pa moet maar hul huis verkoop en Bloemfontein toe trek. Hulle sal die mense in die onderste woonstel kennis gee sodra ons huis verkoop is en dan moet ons kom. Ons dogter het ons sommer uit die kar geskakel om ons te laat weet, en het ek maar aan die werk gespring daarmee. Ek het immers na ek te “oud” geword het vir die rekenaar bedryf op 49, maar ander rigtings ingeslaan en as beide eiendoms agent en finansiële adviseur gekwalifiseer, en dan so ‘n kort sukses met my eie sagteware maatskappy gehad. Ongelukkig vir my was die skrif aan die muur want ek was te oud, te blank, en te manlik om in die nuwe Suid Afrika met meeste staat en groter besighede besigheid te doen en het ek maar verder gegaan as finansiële adviseur. So ek kon darem ons huis in Steynsburg, waar meeste huise so ‘n jaar of meer vat om te verkoop, ons huis binne 4 weke verkoop.

En toe begin die gewag vir die geld om te voorskyn te kom aangesien die een sussie die geld wou kry want sy het glo dit verdien. Gelukkig het die pensioenfonds met so ‘n bietjie druk van ‘n finansiële adviseur (myself) die regte besluite geneem en ons darem op skrif die wete gehad het dat die huis verkoop was.

Met my ou siekte was dit maar elke dag dieselfde as die vorige en het ek maar net uitgehou totdat ek in Bloemfontein kon kom sodat iemand iets kon doen vir my.

Hier begin Februarie verlede jaar het ek en Hettie soos ons gewoonte was maar op die bed gaan lê na aand tet en tv kyk toe my maag weer ‘n draai maak en ek volstoom moes hardloop om die badkamer te kon haal. En daar gebeur iets wat ons nie verwag het nie. Ek het ‘n verlengings koord gebruik vir die krag, en daar hak my een voet vas daaraan en ek val. Ek het toe wel die badkamer gehaal, maar ek kon voel iets was nie lekker nie. Toe ek so sukkel sukkel in die kamer kom het ek vir Hettie gesê of my linker knieg, heup of been is gebreek want dit was baie seer.

Die volgende oggend het sy ons seun gevra om ‘n draai by ons te maak om my te help en toe ek my gewig op die linker been sit, toe is hy net weg. En daar val ek tussen die bed en die bedkassie in, rug eerste. Ek het toe maar die dag gelê en die Sondag ook. Ons seun het toe Maandag by my gebly sodat Hettie Cradock toe kon gaan om goed te gaan kry daar, en toe kry ek net ‘n oproep uit Bloemfontein wat sê pa moet klere pak, alles wat hy kan want ek en Hettie trek nou Bloemfontein toe. Net terwyl ons klere en die goed wat ons nodig het om te oorleef by hulle in die bakkie kan pas, dan is dit reg. So het ek drie ure later by haar in die bakkie geklim en was ek nog nooit weer terug soontoe nie. Hettie het wel gehelp met die finale trek in Maart maar ek is net aangesê ek bly.

Die x-strale het toe die probleem gewys. Ek het in 1994 ‘n rug fusie gehad na ‘n motor ongeluk en met die val het ek die fusie gebreek en het die ou probleem van die senuwee wat vasgeknyp word tussen L4 en L5 weer kop uit gesteek. Daar is toe ‘n plastiek stoel in ons, (gaste kamer), stort gesit waarop ek kon sit terwyl ek stort. En net om dit toe te vererger, die vierde dag in Bloemfontein toe ek van ons bed af loop stort toe, seker letterlik twee meter, gee my linkerbeen weer pad en val ek met my pelvis op die rand van die trappie van die kamer na die badkamer. Die volgende x-strale lyk S1 asof dit hierdie pragtigste albaster klip is, soveel krake was daar. Maar dit wys toe dat die osteoporose ook deel van my probleem is en nie net die rumatoïede artritis nie.

Maar toe kom die grootste skok. Op die CT skandering wys dit niks nie, maar op die MRI vind hulle toe dat L4 en L5 in ‘n NET kanker uitsaaiing gehul is Dit is ook moontlik dat die gewas na s0 ook insluit, of ‘n gedeelte daarvan. Dit is nou die begin van jou bekkenbeen. So na seker 7 of 8 weke in die hospitaal tydens twee besoeke sodat alles goed voorberei kon word en die gevegte tussen die snydokters wat die gewasse in die buik en lewer wil bykom, en die spinale dokters wat die rug wil regkry en die onkoloë wat wil weet wat aangaan en dalk met ‘n redelike nuwe behandeling, PRRT, wil probeer, loop ek rond met ‘n karretjie wanneer ek weet ek nie veel gaan loop nie of ‘n rystoel indien ek wel lank in ‘n winkelsentrum gaan wees, of met niks of my kierie by die huis.

En regmaak van die rug? O my been gehalte is nie goed genoeg nie, so dit lyk of die fusie maar gaan bly soos hy nou is. Dit is nou tydens die laaste hospitalisasie uitgevind. So net drie weke daar gelê vir niks. Die beteken die linkerbeen “slaap” heeltemal maar hy dra darem nou my gewig altyd, of so 80% daarvan, die een spier in die bobeen is soos ‘n snaar voltyds gespan en hy raak baie vinnig moeg. Dan is die regterbeen van die knieg af onder toe ook aan die “slaap” en raak die voetsool dood. Dit is asof ek op sneeu met kaal voete geloop het en die voet sole gevries is, behalwe dat hulle baie warm is. Dan is daar so ‘n gedeelte tussen die enkel en die knieg wat altyd koud is, en dit is die geval met albei bene. Dan vat alles amper maande om gesond te raak in daardie gedeelte want ek dink maar die koue is as gevolg van min bloed wat daar deur kom aangesien my voete kan sweet, en die bene nog steeds yskoud is. Dit sal ek hopelik meer van uitvind volgende maand. Ek het my maermerrie so ‘n maand terug seer gemaak en dit het eers Sondag die week, so 5 weke later, heeltemal toegegroei. En dit was net ‘n skrapie wat gebloei het. Maar dan weet ek ook dat daar seker net 50% bloed deur die gewas toegelaat word om na die onderlyf toe te gaan, so die liggaam veg maar hard.

En die res? Wel ek moet Dinsdag die tweede Februarie gaan vir my Octreotite skandering en dan sal ons hopelik kan sien waar orals is daar gewasse. Die skandering word gedoen deur die radiologie afdeling deurdat hulle Octreotide wat ‘n kern medikasie is, ingee om te drink, dan moet ek so ‘n paar ure wag, ek dink dit is twee ure, dan doen hulle die eerste skandering en dan na nog twee ure neem hulle ‘n tweede skandering.

Dan sal ons nou sien of L4 en L5 wel in ‘n nuwe gewas is, en dan sommer uitvind waar almal is. Ek weet nou nie hoeveel is in die buik en lewer nie maar dit is ‘n hele paar saam met nog limf nodes , maar die skandering sal hopelik almal vir ons wys.

So ek sal maar laat weet wat verder gebeur na die 2e Februarie se storie.

Tuesday, 23 February 2021

Na ‘n baie lang tyd het ek besluit om vandag weer so ‘n bietjie inligting deur te gee van hoe dit met ons gaan en wat ons dink gaan dalk in die nabye toekoms gaan gebeur.

Ek weet Su-Hannie n Bani is Bloem toe, en het so ‘n jaar en paar maande daarna weer in ‘n nuwe huis vir hulle getrek ook in Dan Pienaar, veral vir die kinders se skool. Jana het baie goed aangepas en in haar laaste jaar die prys gekry vir die beste Engels in die laerskool as tweede taal. Theuns het maar so ‘n paar aanpassings probleme gehad maar is uiteindelik uitgesort. So Jana het verlede jaar begin met hoërskool en doen maar soos gewoonlik baie goed.

Su-Hannie het klaar gestudeer en haar klerkskap gedoen en is nou ‘n volwaardige prokureur. Vir iemand om op 34 LLB te begin en te eindig binne die top 7% spreek boekdele. En elke keer wanneer sy moes eksamen skryf was dit of ek, of Hettie, of van Bani se mense wat siek was of aandag nodig gehad het. So is haar skoonma verlede jaar ‘n week voor haar finale eksamen aan ‘n kombinasie van kanker en beroerte oorlede.

Dit was tydens die naweek wat hulle net besluit het ek en Hettie kan nie meer in ons plekkie in Steynsburg bly nie, want my gesondheid het ook maar sy tol op my liggaam begin wys. Ons is net aangesê om ‘n koper vir die huis te kry, terwyl hulle dan een van hul huurders wat op die erf langs hulle huis bly, kennis sal gee sodat ons daar kan gaan bly. Die erf is sonder munisipale opname in twee verdeel met hulle huis op die een deel, en dan ‘n dubbel verdieping studente woonstel op die ander gedeelte van die erf. So elke plek funksioneer apart en kan dit net sowel oorkant die straat was of soos dit nou is, hul bure is. Gelukkig die huurder bo is besig met haar laaste jaar klerkskap vir haar CA, so sy werk voltyds en moet nogsteeds haar STR afhandel.

So dit was tot so November laasjaar die situasie. Ons was gelukkig en het sommer binne twee weke die plek verkoop aan ‘n kontant koper en is dit maar net die uitbetaling van ‘n pensioen wat ons sake so ‘n bietjie uitrek. Maar die ou NETkanker het maar sy gang gegaan en het ek meeste van dit wat verkeerd gegaan het aan die kanker toegeskryf het. Dit was nou tot so twee weke gelede.

Ons hou daarvan om sekere programme, veral Amerikaanse ‘reality shows” te kyk en het ek altyd gesorg dat ons elke aand kon kyk wat die vorige aand in Amerika uitgesaai is, of anders het ons Neflix of een of ander program op die internet gekyk. Soos julle daarvan kan aflei kyk ons nie juis TV nie, maar is Hettie maar baie op haar Ipad en youtube, en ek ook maar op dit wat my intereseer.

Ons het toe die huis met meeste meubels ingesluit verkoop want die gedeelte waarna ons gaan het nie ‘n 8x6 meter werkskamer nie, nie ‘n tweede slaapkamer waar jy met gemak ‘n queen grote bed kan sit vir gaste nie, en ek het gedag nie so ‘n groot tuin nie. Nou het ek wel uitgevind dat ons maar as hoofde van tuindienste aangestel is, en het Esthee al die pad van Melbourne al klaar begin deur sommer ons hier te verwelkom met 7 rose wat vroulief seker Vrydag sal moet help plant in Su-Hannie se tuin. Gelukkig is daar een roos wat ek nie seker van is of ek ‘n steggie aan die groei het nie of nie tussen die sewe, en is dit een van die mooiste en geurigste rose wat daar is, ‘n double delight.

Maar toe verander goed net te vinnig. Terwyl ek nou besig is om steggies aan die groei te kry van my 50+ rose om in potte te groei om ons blyplek en natuurlik ook vir die kinders se tuin, het ek opgelet dat my enkels begin seer raak en opswel en ek meeste oggende sukkel om iets te doen totdat ek regop is voor die pyn in die buik en rug tot bedaar gekom het.

En so het ek twee weke gelede ons “TV”, ‘n redelike groot rekenaar skerm soos die gewoonte maar is, by die onderste kant van die bed op gestel, gesorg dat alles reg is en het ons begin TV kyk. My ou maag het gemaak soos gewoonlik my troon toe gejaag waar ek ‘n groot lawaai gemaak het, en dan is ek weer terug kamer toe. Net voor die einde van die laaste program was dit weer die geval en soos enige goeie rekenaar ou weet is jou toue maar ‘n bietjie los op die grond of dalk so ‘n 10cm in die lug, en toe hak my voet vas en ek slaat neer. Ongelukkig is daar so ‘n 8cm trappie af na ons kamer toe en dit is toe waarop ek te lande kom. Dit was seer maar ek is mos ‘n ou wat redelike pyn kan verdra, en so het ek maar aangegaan soos gewoonlik. Die Saterdag voel ek toe so ‘n bietjie seer en ek moes Hettie belowe dat ek vir Su-Hannie sal laat weetindien ek nie beter voel nie. Ek het besluit om maar redelik rustig op die bed deur te bring die Saterdag en het alles sonder probleme verby gegaan. Hettie het met Barney gereel dat hy die Maandag maar by my sal kom kuier want sy moes Cradock toe saam met vriende. En toe gebeur dit weer. Ek het nie lekker gevoel om alleen op te staan nie en het Hettie probeer gebruik as stut net dat ek iets het om aan vas te hou terwyl ek opstaan. En skielik is dit asof ek nie ‘n linker heup, been, of voet het nie, en slaan ek neer tussen die bed en bedkassie voor my kant van die bed. My linker tone word sommer heeltemal in verkeerde rigting maak buig, en toe voel ek my rug is nie lekker nie. Ek het Hettie belowe dat ek Bloem toe sal gaan indien ek nie Dinsdag beter gevoel het nie, maar toe ek my oë uitvee hier 3 uur Maandag middag, is ons oppad Bloem toe want Hettie het net besluit dat sy my nie nog verder geleentheid wou gee om nog verder seer te kry nie. Ek was nie seker of dit heup, tone, of dalk die knie was wat seer gekry het nie, maar na so ‘n paar xstrale waar die persoon iets gesien het, vind ek uit dat my rug in twee stukke is.

Ek het na ‘n kar ongelukin 1993 ook my rug seergemaak en moes hulle uiteindelik die laaste werwels van L1 tot L5 een maak, en met my val het ek die stuk tussen L1 en L2 van mekaar afgebreek. Maar ek moet maar wag totdat ek by ‘n neuroloog kan uitkom, want natuurlik in my situasie is daar twee goed wat uitgesluit is van alle medies, en dit is kanker omdat ek my eerste ontmoeting al in 1986 gehad het, en my rug want die fusie is al in 1993 gedoen. So ek is maar aangewese op staats instellings om te help. Sover moet ek sêdat ek het swak diens al gehad, maar meeste kere goeie diens. Hierdie is nou nie een van die beste kere nie.

So met tyd op hande en met my wat wag om more die neurochirurg te sien het Su-Hannie ons saam met haar winkel toe gevat want die rystoel pas baie makliker agter in die bakkie as in haar vinnige Fiesta. En daar in die parkeer gebied is die linker kant net weer afwesig sonder kennisgewing, of soos in goeie militere taal awol, en gelukkig vang Su-Hannie my voor ek die grond vol ontmoet. Groot geskrik maar net so ‘n ou paar blou kolle by, en nou wonder ek maar tog of die linker tone nie gebreek is nie.

En nou moet ek iets by vertel wat seker baie vroeër al gedoen moes word, en dit is dat ek geweet het dat ek RA(Reumatoid Arthritis) ook het, maar dit het ek beperk tot hande wat ‘n bietjie sukkel, maar nou lyk dit of baie van dit wat ek gedink het NET gebaseer was, eintlik deur die RA veroorsaak was. So Andre daar in Portland, miskien moet ek maar meer leer van RA en NET vir jou. Wat ek wel geleer het by van die videos wat ek maar by CCF(Carcinoid Cancer Foundation) uitgevind het, is dat die klomp in LA ‘n vorm het waar jy elke ding kan track van emosies tot fisiese data soos hoeveel keer jy flush of wat ook al per dag, uur ens. Wat ek wel in een van hul videos geleer het is dat dit onmoontlik is om NETkanker te hê, sonder om ook RA te hê, en dan nogal in ‘n redelike ernstige graad.

So nou wag ek maar tot more om uit te vind wat hulle strategie is, of hulle my daar gaan hou of oorplaas na waar hulle toegerus is vir ‘n Carcinoid krises of nie. Vir my is dit maar dieselfde. Ek het al vyf of ses groot operasies deurgegaan sonder ‘n krises so ek voel maar dat hulle sommer al more kan opereer dat ek net weer kan lê, en nie net op een sy in een posisie nie. Ek is nogal moeg om vir drie of vier ure wakker te lê of te kom uitstrek in die tv kamer met my laptop op die skoot en of te probeer skryf, of videos oor my stryd te kyk en wat ek kan doen. Ek dink ek het net so ‘n klein breuk nodig om net weer sonder pyn en moegheid en nutteloosheid te kan wees.


Byvoegsel 30Augustus 2021

Ek moet vandag  bieg dat hierdie siektes van my met my woer woer gespeel het die afgelope klompie jare. Na die eerste Carcinoid aanval in Jeffreysbaai wat vir my beteken het dat ek maar my werk moes los en begin om af te tree, het die ou kanker my nogal oorheers aangesien ek geweet het hoe ernstig die tipe kanker kan wees en het ek enige verswakking maar daaraan toegeskryf het. Maar nou moet ek erken dat daar iets anders is wat meer slu is as die kanker en jou kan laat glo dat dit die kanker is sonder dat jy enigsins iets anders verwag. Al staan dit in jou verslae van ander spesialiste kyk jy dit mis want jy wil weet hoe hierdie kanker versprei en waar dit oral is. Ek het hier ‘n stukkie ingelas wat ek al vyf jaar gelede na ‘n ondersoek gekry het in die verslag maar my houding was maar net ek is bewus daarvan maar dit kan ons later oor besluit wat om te doen. Die simptome en gevolge van die siekte het ek aan die NETkanker toegeskryf.

 

In die verslag word daar telkens verwys na “degenerative changes of the spine”. So daar is verwys dat die rug se beenstruktuur besig is om te verander en dat daar aandag aan bestee moes word. Ek moet sê ek het die hele tyd maar gaan kyk waar uitsaaiings was maar nie veel aandag gegee aan die osteoporose nie aangesien ek geweet het die ou been struktuur is maar nie baie goed nie. Wat ek wel oor gepla was so nou en dan was so ‘n steek hier gelyk met die regter nier en dat my voetsool van albei maar meestal op die regter voet so nou en “geslaap” het. Ek het die maar afgeskryf as die gewas wat deur die gedeelte van die gewas toegeskryf wat besig is om my bloedtoevoer af te sny. So nie gedink dat dit die 25 jaar + se rug fusie is wat besig is om uitmekaar te val nie. So dit het gebeur met my val vroeër die jaar. Maar wat gebeur het hier is dat die gewas saam met die aar na die ruggraat toe versprei het en toe vir hom ‘n nuwe huisie gebou so om die vorige fusie van die L en S reeks werwels.

So hierdie slu osteoporose was toe al die tyd die rede dat ek minder beweeg saam was, dat ek toe maar later met ‘n kierie geloop het en dit vir my moeilik was om op sekere tipe stoele te sit, veral die wat so lekker laag is. Wanneer ek daarop gaan sit moet Hettie of iemand maar net anker speel dat ek myself weer mooi regop kan staan.

So ek maak nie verskoning vir feite wat ek dalk verkeerd het in my blog nie, maar het nie geweet dat osteoporose ook so kan wegkruip nie.

So nou moet ons maar soek om ‘n uitweg te kry om die kussing wat die senuwees vasknyp reg te kry sonder om een van die hoof bloedvate raak te sny. Dit is nou September se missie.

Maar dan weet ek gelukkig waar ek heengaan, en dit laat my weer kans sien om te skryf en net deur te druk tot die volgende krises.

So luister maar na Guy Penrod en hopelik sal jy my siening verstaan.

https://www.youtube.com/watch?v=LB3un06HUSY

 


Friday, 11 October 2019

My life story


Introduction

My story with NET cancer is a story of encouragement for those living in fear of this disease taking your life quickly. My journey with this disease now spans more than 50 years. As such I had to look at the most pertinent parts of it, but I will try and keep it as brief as possible. For the sake of clarity, I had to deviate from the illness itself and give a background of other circumstances that influence me and also have a serious impact on my medication and medical outcomes
.
But let us start with the beginning. I started life as all other people as a fetus, but during her pregnancy she ended up with a burst appendix. The doctors literally had to take me out, remove her appendix or what was left of it, put me back inside her again and sew her up. So when the time came for me to born, I was born at home like most other people in those days with only a midwife present. I only realised 60+ years later, that her appendix could actually have been NET Cancer of the appendix, as she always complained about hot flushes which most doctors put down to menopause. The only problem is that it continued until her death in 2013 at age 95. Other symptoms were the spider veins on her upper right inner leg, always complaining about being bloated, and a total collapse of her sexual life. I know as a kid you are not supposed to know this, but boys will be boys. Especially if you are part of four mischievous brothers.

My early life in school

I had a normal life as a small kid but had a problem with my bladder. Every now and then I would wet my bed even at age nine and ten. The other problem that was also caused by my bladder was that I would take ages before starting to urinate. Sometimes at school I would be late for class as I had to wait for the bladder to decide when it was time to open up. I can still remember one day in my teens when the teacher would not let me go to the toilet while we were writing exams and I ended up wetting myself. Fortunately, by the time we had our normal midday break my trousers were fairly dry. But it was humiliating.

At other times I would see blood in my urine and our doctor diagnosed it as bilharzia and told me that it will happen every now and then that my urine will be red or that I might find small traces of blood in my urine. I then had to see him again and go through a process to kill all the parasites and it would be fine again. As kids we used to go swimming in all sorts of water so it was probably the easiest conclusion for him to make.

Then as I turned 15 or 16, I had these experiences where I would have severe sinusitis and the doctors could never find the cause. I was just told that it was just another thing that I was allergic to like all the other things I was allergic to and that was it. Something else that happened was that I would have this severe pain that felt like an appendix problem or pain in the abdomen but normally the next day or hour it would be better or gone, or I would give it a couple more days and then it will be all gone again. Later on in my working life I realised I had this temper that was difficult to control but I worked on it and fortunately as I worked mainly with clients in their offices it did not interfere at work. I still had a bit of a short fuse wire then, but nothing is left of it today. So I try and avoid situations that could cause conflict as I know what will happen. I will explode. Some of the over the counter medicines at times helped, while other would cause me to what I can only describe as putting me on a trip. As someone who has never used drugs, I can only assume that is what they would feel like.

I am also a very inquisitive person. When we moved into another house as a teenager, I found that the previous owner left a lot of chemicals in a room outside and I would try and identify what it was and what happened when you mix some of these things. The one time I made this yellowish substance that looked like yellow smoke only to find out that it was chlorine gas. So, I was always looking for ways to make something easier, or just look at how things are made.

During my teens my blood pressure would just go mad but by the time I got to the doctor nothing was found. This happened quite frequently but I learned how to cope with it and what the warning signs were. Remember this was early 1960’s, so very few doctors have ever heard of this condition, and in South Africa even today medical doctors are trained that when they suspect NET cancer, they can contact the university that will assist them and tell them what they have to do. Then I also knew that I could not leave home without taking an OTC medicine for an upset stomach with me whenever we would go out. At times I was nauseous but that was not really a problem like the upset stomach was. I found that I got tired but tried to remedy that by taking my bicycle and go on a forty-mile ride to increase my stamina. At work I did not see that as a problem as I just took a couple of minutes resting time, even if it was just a walk around the office or home, and then I would be able to continue again.

One of the things we were taught at home was that even though we were seen as poor people, it did not matter as you can achieve anything if you put the time in that is required for a specific task to do it. The only problem with that was that if you did not have exposure to certain vocations, you did not know what was required to qualify for that specific vocation. And the teacher we had at high school that was supposed to give us some guidance was close to retirement so his knowledge was not really up to date with what types of people were required.

I decided to take the easy route and that was to become a chartered accountant. My accounting points were always above 80% or even at times averaged above 85% for the school year. Coupled to mathematics which I enjoyed and I had the privilege of being the first student to score full marks for an examination, it looked like the best route to follow. It was just those subjects that I would enjoy, but the rest of them I did what was required to pass them all through school. I remember when my parents took me to a university to help me decide what to do with my future and what I should consider studying that the examiner told me that my marks shows me as a very lazy person, as I should be able to get 80% + in all my subjects. I knew it but was not interested in studying history and Shakespeare as I could not see any benefit in spending time trying to remember dates and names and battles. To me it was a waste of time. I needed to either do something that came naturally, or something where I had to think about a situation or problem, and then come up with an answer.

In my final year at high school all the students, those that could afford it, went to a place called Loskop Dam for a weekend. Things at home were changing financially and I could actually afford to join them. We had a party the Friday night and then on Saturday we were all just relaxing. Some of us played a game of cricket while others went fishing. The afternoon was set aside for a tour through the game park on the other side of the dam which was really a wonderful experience for me as it was an experience that I never had in my life before. Even growing up in South Africa, as we did not have spare cash, the only animals of Africa that I saw was at the local zoo. Up to that weekend, I never had the opportunity to see these animals in their natural surroundings. While still cruising through the game park I started sneezing and by the time we got back to camp I really thought that I had either the flu or that I was allergic to some plants or trees we drove past. This was not the first time that I had this type of situation as I was used to it happening normally first thing in the morning but by 10 o clock in the morning it would be gone. All the local doctors used to tell me was that I was allergic to some stuff in the air but never sent me for any tests. But this time it was different. I really felt bad and was told to stay in bed while everybody else enjoyed another party. One of the nice things that happened was that some of the girls would come and check on me during the evening but when I fell asleep the visits also stopped.

The next morning, I was still in exactly the same situation and by the time we arrived back at school my parents were told to take me to the doctor to see what was wrong and that they will only allow me back once I was over this. I went to the doctor the Monday morning and was given medicines to take and was out of action for a week. But I still had these times when I would get “hay fever” that would last for a day or two. And then at times I was sort of lightheaded and knew I had to either sit still or go and lie down. We have to remember that this was in the late sixties and I am living in South Africa where even today when I see a doctor and I tell him I have NET Cancer he takes out his notebook and asks me to tell him more about it.

I was also nauseous at times and it was all explained as maybe the food being too rich, or just that I must be thankful for cleaning out my system on a regular basis.

Early adult life

After school I started studying and working at the same time as an article clerk at a firm of auditors and public accountants, but after eighteen months found out that there were these fascinating machines called computers, and that there was a high demand for programmers and trainees. I went for some aptitude tests and training at a college in COBOL although I hardly used it as a programmer, and within a day after finishing the course, I landed my first job as a programmer and found that this was really the job I always wanted. I could use my knowledge of accounting and the applicable laws and regulations and talk to all the accounting people because of my background, and within weeks they would have a custom-built system running on their own computer. It was so much fun that at times I would get to work at three in the morning as I suddenly worked out how to do something my client wanted and got up and drove to work before I would forget what the solution was. It was also extremely interesting to find out how these machines worked, and before I knew it I would make changes to the actual operating systems and send it to the developers in the USA and they would incorporate it with the next release of the operating system. I ended up as an explorer, except I was paid to do it, and I could really explore things that most other programmers would frown upon.

I ended up as a real bits and bytes guy enjoying programming in assembler as using low level assembler language, I could control what this machine was actually doing. Now these were the early seventies where most programmers were depicted as the hippies smoking dope and not having any real people skills. Outside people could not understand that there were also guys walking around in three-piece suits and working as systems analysts, designers and programmers that had to dress up to see clients on a daily basis as all these computer people were seen as some weirdos.

During the beginning years in the computer industry I also met the wife of my dreams, got married and four years later started with a family. The one thing that was still bothering me was the fact that I had these hay fever stories, but I made it off as probably allergies coupled with an injury I picked up in my final year at school when I was training for a gymnastics display at school when I broke my nose which left me with difficulty breathing as the wall between the nostrils were so out of place that I found it difficult to breath at times.

The only thing they found was when I went for an insurance check-up for new insurance much later in life that the insurance company specified a three-month waiting period instead of the standard one month waiting period before they would start paying for disability insurance. No reason was supplied and I did not question it.

So to me, I had an answer for my hay fever as it either pointed to the broken nose or to a probable allergy. Like all things in life if it happens frequently you get used to it and is accepted as the norm, and that was exactly my case. I knew I had trouble urinating and had to take my time and got used to never leave home without my bottle of Kem-o-dene, an over the counter medicine for an upset stomach.

Then in 1982 our son went to hospital as he also had a problem wetting his bed at age seven, and the specialists decided to look at his bladder. What they found was that the valves in the front of the bladder were facing the wrong way around. This caused him to retain his urine until he was completely relaxed in bed, and then the urine would escape causing him to wet his bed. It would also cause reflux to his kidneys which was a major concern. They fixed that and we were really pleased as I then knew what my problem was but it was not causing me any embarrassment so I decided that my bladder probably sorted itself out and I did not complain about waiting at times of fifteen minutes or more before I would start urinating.

Shortly after that I went to hospital to get my nose sorted and it was such a relief to be able to breath like a normal person finally after probably 15 years after the event where I broke my nose.

Then in 1986 I went in for a scope of my bladder as I had blood in my urine again. This time the doctor, a new guy as we moved town, decided that he would refer me to a urologist for a scope to see if there was anything wrong inside my bladder. I went to the hospital and when I came by after the scope, I was told that they found a tumour in my bladder that was malignant, but they removed it. All I had to do was go for a scope every year, so no scans afterwards, and after three years of going for a scope I was declared cancer free. What type of cancer it was I never found out as to me cancer was cancer, as in my circle of friends and family most people that had cancer would die or were on their last legs. My wife lost her mom to cancer about a year earlier, so that was my frame of reference. I was just glad that they found it and removed it. At that time, I really prayed and asked the LORD to at least see my youngest daughter become an adult as she was only four years old. Today she is a mother with 2 kids and going on 39. To me it was like a death sentence as everybody I knew who had cancer was either already dead, or dying.

But I still had the same symptoms I had as a sixteen-year-old boy with occasional severe pain in the abdomen area and sinusitis and what I found out later was flushing episodes and humongous amounts of histamine that was released by another tumour that nobody identified was there. At times where people would complain about constipation, I would tell them that for me I had to go to the toilet either once or sometimes twice a day. I know it was not an easy thing to get used to as everybody would complain about the smell afterwards, but that was just me. You can only spray that much air freshener to take away the smell, but the smell was still horrible. Another problem was that when I did go to the toilet it always sounded as if someone was trying out some new explosives, as it was really load.

The one thing that bothered me was this feeling of nervousness I had. I was always nervous and I really had a hard time cold calling at my job which by that time had progressed to selling and being in marketing as a product and marketing manager in the IT market. While still working as a programmer earlier on in life it wasn’t a problem as I would normally have time to work with my new clients and it was not that I was the one making first contact. But in selling once I opened the door to a new prospect, I was all right, or if I had to do a presentation, I would go through 3 glasses of water just to keep my mouth from drying out completely. Even writing this now I have a dry mouth. And this nervousness continues. I just thought that it was just the way I was put together. The one thing that helped the sinusitis was actually smoking. At times as soon as I had my first cigarette in the morning, I would actually feel better and my nose cleared up. I stopped smoking after about nine years of smoking and found I had to take Allergex in the morning and evening to help me.

The struggle begins

Then a strange thing happened the morning of 31 August 1995. I woke up with a severe pain where I thought my appendix was and during the day made an appointment at our local doctor to see him as the pain was getting worse. When I saw him, I was told to go home and get everything I needed as I had to go to hospital as they thought that my appendix was at the point of actually rupturing.

I went into the operating theatre at eight that night and eventually was back in my room four hours later. That was when the surgeon told me that he removed my appendix but found a tumour inside which was definitely malignant, and while trying to make space to get to the appendix as he had trouble getting to it, he also found this huge 100mm tumour surrounding the small intestine which was also malignant. He had to remove about two meters of my small intestine just to ensure that they left nothing behind. I was told that if they did not find it that night that I would probably have had another year to live. I had to go back eight weeks later for a full laparotomy operation where they found 20 odd lymph nodes, and one that actually was inoperable as it encased the abdominal aorta, and all of them were identified as carcinoid or as we call it today NET cancer. I was also told that all the tests came back showing I had carcinoid syndrome and that was the cause of my flushing, diarrhea, sinusitis and the sudden changes in blood pressure as well as the spider veins that I got while still at school in my right leg. So that was nearly 30 years from my first carcinoid syndrome symptoms appearing to being diagnosed accidentally.

The thing that struck me was that my sinusitis problem disappeared, and my nervousness was also better. I was booked for a course of chemotherapy using Interferon alpha which was a horrible time. But when we did tests after the treatment my 5HIAA came back normal, blood was normal, and nothing showed on any CT or MRI scans. I continued with the blood and 5HIAA test for 4 years but it was all clear.

During this time the political and economic situation changed drastically in South Africa and I found myself on the wrong side of the new South Africa in 2001 as I was a white male and over 50 years old. I was retrenched in order for the company to be able to continue doing business, as they had to reduce their older and higher paid white staff members and work with a company that would bring them in line with the broad base black economic empowerment which the government implemented. The main drive behind this move was that the economy had to provide for other races to also form part of the economy, but what actually happened was that people like our current president formed companies that they would “sell” to other companies in exchange for a percentage of the tender price. At times these new companies would actually take the lead in big projects and hand out the actual work to their friends and family to do the work, where they as main tenderers would receive shares in major companies as a part payment, and they would take the actual tender price and inflate it in order for them to make millions of money by just using their status as black economic empowerment companies as a smoke screen. Our current president was not even worth a million Rand before 1994, but he is worth billions of Rands today using this tactic. He used to be the president of the umbrella organization that all trade unions fell under, so he knew when and where to push for companies to place shares with black economic empowerment companies, and he was in the fortunate position to own the companies that would fill that void. The only proviso some companies placed on handing out shares, was that you could not sell these shares within five years after the original transaction in which you were handed these shares. Now where these transactions were supposed to filter down to that working class it never did. It just made some crooks extremely rich as they would keep their shares. So our current president made himself a billionaire using this method while the people that was supposed to benefit, are still staying in their shacks. Just remember one thing, I was raised in a country that was at that stage seen as a first world country, the same as any country in Europe, Australia and the USA. Our current government has the major accomplishment of changing South Africa back to look like all other African countries and a third world country where only the elite leaders can enrich themselves.

I include some figures that I found in my research for this article as I know that I will be labelled a white racist. But then maybe I have a reason for earning that title.

First the figures audited and agreed to by all parties during the reconciliation talk between the ANC and the National Party. (The NP represented the whites).
Deaths due to political violence during apartheid:
Max Coleman’s authoritative book analyses all deaths due to political violence from 1948 to 1994 in South Africa and Namibia.
According to the HRC statistics, 21,000 people died in political violence in South Africa during apartheid – of whom 14,000 people died during the six-year transition process from 1990 to 1994. The book lists the number of incidents, dates, and those involved.
This includes SA Defence Force actions, for instance the 600 deaths at Kassinga in Angola where the Defence force were fighting against the Cuban and Russian armies who wanted to rule Angola. during the war in 1978.
Of those deaths, the vast majority, 92%, have been primarily due to Africans killing Africans — such as the inter-tribal battles for territory: this book’s detailed analyses of the period June 1990 to July 1993 indicates a total of 8580 (92%) of the 9,325 violent deaths during the period June 1990 to July 1993 were caused by Africans killing Africans, or as the news media often calls it, “Black on Black” violence – hostel killings, Inkatha Freedom Party versus ANC killings, and taxi and turf war violence.
The activities of the Civil Cooperation Bureau as outlined by the Truth and Reconciliation Commission, were also included in these figures.
The security forces [of the RSA. Ed.] caused 518 deaths (5.6%) throughout this period.
And again, during the transitional period, the primary causes of deaths were not security forces nor white right-wing violence against blacks [just think that the AWB was allied with the IFP (Zulu). Ed.], but mainly due to “black-on-black necklace murders, something that Winnie Mandela introduced to stop people from giving information to the police”, tribal conflict between the ANC-IFP, bombs by the ANC and PAC’s military wings in shopping centres, landmines on farm roads, etc.
Violent deaths from 1994 to 2000:
And the SA Police reports for the above period: which can be accessed at their website’s statistics at http://www.saps.org.za — that a total of 174,220 people died violent deaths, from crime-related violence [or related to hate-crime against whites, and especially against the Boers. Ed.], between 1994 and the year 2000.

Now I can continue with my own experience again, as I trust that you now have a better understanding of what we face on a daily basis. I used my retirement savings to start my own company but had to close the doors after two years as I was excluded from doing business with any government or large enterprise as I did not have any black workers, even though I was the only employee. This also meant that I had to change my medical insurance and then found that they excluded all cancer treatments and back problems. The back problem was a result of a car accident where they had to fuse the lower five vertebrae as a result of the accident. It was already a problem when I applied and during those days, they could exclude prior conditions or put long waiting periods for previous conditions. In the end I stopped with my medical insurance as those were the areas I needed insurance for, and not being able to work, also meant no income to pay for it.

Then in 2008 I started with sinusitis again, my nerves were showing signs of playing up again, but I thought that by ignoring it I could live a normal life as I did have a “normal” life before being diagnosed. Another thing that happened was that my sex drive completely disappeared. I was not interested in going through the same procedures again and definitely did not have the money to pay for all the tests. I already knew at that point that the one tumour stopped all testosterone from going to my lower body as I only have about 6 hairs on both legs combined.

Something else that happened after my first operation in 1995 was that I started studying theology at a Pentecostal university on a part time basis. This was a direct result of my time in hospital as I had this weird experience where I saw people clothed in white all heading to a hill while I was in a treehouse or some other structure. I asked our reverend if he could explain it to me only to find that even though he had a PhD I probably knew more about the Bible than what he did.  At the Pentecostal church everybody prayed for me and I was told by all good Pentecostal’s that I was cured. I knew differently though, but as I had no medical insurance I could not go for tests as I could not afford it. I was ordained as a pastor but knew I could not practice as a pastor as there was no way that I could handle the load on my psychological side, and the extremely short fuse.

During this time, I started writing my conclusions of Biblical doctrines as I used my computer tactics to investigate subjects and check all commentaries and then either confirm, modify or reject the different teachings by the different denominations. Some were quite easy, but others took years to investigate. Some ended up as small articles while others ended up as books. This was all done while either working at jobs just to get some money to survive, as I was excluded from practising what I could do due to labour policies. Today there are 116 different laws in our labour laws against employing white males.

I then started working as a financial adviser while studying part time as that was one area I was still able to find employment in and was very successful and started building up a client base in order for me to build up a residual income for my retirement, and hopefully build up some funds to be able to go for tests again. The situation I found myself in was that my income was too high to qualify for state subsidised medical, but too low and irregular for paying it myself.

Eventually in 2013 I woke up the one morning with something I just could not ignore any more. By the time I saw the doctor I was told that I was lucky to be alive as I had a carcinoid crisis. Plenty tests later it was confirmed. The small piece of the one lymph node they left in 1995 surrounding the superior mesentery artery had grown to a tumour of 78mm by 40mm by 30mm. My beer belly was not a beer belly (I do not drink beer at all) but was a result of the tumour with the bottom of the tumour just above my belly button, and scar tissue from the previous operation. Most doctors and oncologists today ask me for information as I normally know a lot more about NET cancer than what they do, thanks to all the information available from email groups to Facebook groups. And coming from the IT world I am used to doing my own research as I always worked in what was referred to as the “new toys” department. But this studying is something that only happened during the past six years as I lived in a world previously where like so many people live that if you ignore a problem it would go away. And then there was the problem that if I found out that I still had NET cancer where do I go to from there, as financially I cannot afford to go that route. So I ended up ignoring the situation.

I was told that if I wanted to survive, I had to cut back on my work especially since it was the main reason for the stress I was under as I worked on a commission only basis as a financial advisor. I was passed the use by date in the “new” South Africa and I was excluded from working at most companies and all government entities, as I was a white male, on the wrong side of sixty, and even though I did not support the previous government and their views, I am still branded today as a racist and still excluded from the job market.

We moved to a tiny town to settle down and just to take life day by day and see the oncologist when needed. Fortunately, my tumour and all its allies and mets are well defined, so they grow slowly. Low grade well differentiated. Even though the biggest one is around 80+ mm by 35 mm by 30 mm.  As I did not have any private medical insurance or medical aid as it is known locally, the only thing that I qualify for is reactionary support under the state-owned hospitals. I used to receive medication from the state operated hospitals on a reactive basis only, but that stopped more than two years ago, even though it’s only painkillers. (Tramadol). All schedule 5 pain killers I have to pay for myself, but at least I can live without serious pain. But I have near constant flushing in the upper legs, all the way up to the back of my head and neck. I also had another laparotomy operation when my small intestine was completely blocked five years ago. They used a small 90cm portion of the small intestine to bypass the major part of the small intestine, and they removed a sizeable portion of my liver to alleviate the effects of the tumours in the liver. For three years I could smell again and had a fairly normal life again, or what I would consider normal. This comprises of flushing to an extent that people think that you are a heaver drinker as my nose is a purple brownish colour; I have metastasis to the scull, the back, neck, some ribs, and my pelvis, skin, and collar bones. There are also two metastases to my right lower lobe of the lung which collapses on a regular basis. I also suffer from severe rheumatoid arthritis, so it is difficult to know which is which at times. But fortunately, I can still get Tramadol for pain, Imodium for diarrhea, and then stuff to help me in my fight against depression, which to me is the real enemy. 

The one thing that I have learned is that your cancer does not define or limit you to who and what you are. It does not control your life. I know it is difficult to fight against this illness when you have days when you visit the bathroom 80+ times, or you cannot do anything without overheating, or you are just too tired to do anything, but that is not who or what you are. You have to take charge of every incident in your life and either learn from it, or try and overcome it. And remember the biggest truth in life, and that it is okay not to be okay. When you feel that you just cannot go on, take a rest or medication to make you feel better, and move on. Remember life is a journey, not a destination. And NET cancer is not your destination although it will be part of your journey for the rest of your life. If you find out that you are starting to slow down and you cannot do certain things anymore, accept that as the new normal in your life and continue living your life. You may be like me and have to walk around with a walking stick or get into a wheelchair when you go to town, it does not make you less of a human being. It makes you someone who is facing challenges in life, but you will fight this fight everyday. Just never give up. I know it is extremely difficult, but it is your life, and you cannot delegate that to a medical team. You must have the will to fight in order to face every new challenge that this NET cancer can throw at you. Your medical team can help you, but you must be in the driving seat.

But knowing that I have lived over fifty, or probably even more years after the first symptoms of carcinoid syndrome started showing at age 16 already, I consider myself lucky to be able to still be alive despite the fact that I only get pain and sleeping medication as well as medication to keep me from having a nervous breakdown and to help me not to blow my fuse ten times a day, especially if you see what the ANC government and all its allies are doing on a daily basis. But then 80% or more of their support is dependent on grants, which is paid for through taxes by 8% of the population, leaving the black voters having to vote for them as they are told that they will lose their grants if the ANC loses an election. And most of these people are illiterate with an IQ of 70 or lower.

The emotional side I believe is the one area where I still think a lot of research is required as I cannot cope without taking something to keep my emotions under control. And this is my personal fight. Fortunately having spent a lot of time studying the Bible and writing about it, I have an anchor that I can hold on to during those days or weeks or even months when your whole world seems to fall apart. Today we live as hermits as my wife had a bilateral mastectomy two years ago, and we are caregivers for each other. Fortunately, many questions I had got answered either by Facebook groups or by watching NET specialist’s presentations on the internet. These presentations were made by Dr. Richard Warner, Dr. Eric Liu and others like Dr. Eugene Woltering, and many other NET specialists.

I also started blogging about this disease firstly for our family and friends, and statistics show that it is being read by many people that I do not even know. My task is to change this blog into a book and at the same time to translate it from Afrikaans, my native language, to English, so that it can be read by more people. In it I document this past five/six years sometimes on a daily basis and sometimes on a monthly basis, where more statistics and information are available. I give information about having diarrhea 80 times in one day, with an average of around 10 times per day. Sometimes just passing wind and sometimes not. Sometimes being down and out, and then sometimes feeling quite good.

My blogging days

So, for the past five or more years, apart from fighting everyday against this disease, I have spent my time writing articles and books about Christianity, theology and the Bible to assist in keeping my head somewhere else and not to think about my own medical condition and our own physical security. I am also the guy who designs the Zebra calendar which I make available for free worldwide to all the other people fighting this disease and any person that wants a calendar.
This is the background to my health situation for people who were not aware of my situation, or those who thought that I was only seeking sympathy during my first spell in 1995.

My current situation.

The political situation in South Africa is not conducive to living a relaxed life any longer. Our children are either in the process of thinking of leaving or have left the country. My oldest daughter lost her mother in law after they were attacked and her mom in law shot and killed in what police recorded as a robbery gone wrong, even though only one mobile phone was stolen. Her father in law survived the attack. He was repeatedly beaten with a piece of wood with a six-inch nail through it over the head, shot at, but survived. This was the press release from the local paper: Pretoria – Sept 28, 2009 - 55-year-old Isabel Schonken was shot dead from behind over the weekend, as she was apparently trying to escape to a guest bathroom to hide from a group of armed attackers at the Klipkop smallholdings east of Pretoria. 
Three more farm-attack deaths this week:

On Saturday, Mrs Schonken's businessman-husband Lars, 56, was shot in the torso during the attack near Klipkop at 02:00. Lars's skull and wrist were fractured when the robbers assaulted him and hit him with a pistol. He is currently recovering in the Little Company of Mary hospital in Groenkloof, Pretoria, writes Keppeler.
Cut through electric fence
Isabel's sister Héléne Rumsey, 52, who lives a stone's throw from the Schonken’s, said the robbers had cut through an electric fence which stretches all around the smallholding. They were able to get into the house through an open sliding door.
"They attacked Lars in the bedroom," Rumsey related. "It seems as if my sister had fallen asleep in front of the television in the living room and woke up when they shot Lars. Shortly thereafter she was shot through the heart. The robbers tried to shoot Lars in the heart as well, but luckily it was only a flesh wound," she added.
Lars lost consciousness after being shot. When he came to, shortly thereafter, he fetched his pistol from the safe and shot one of the robbers. According to Rumsey, the only things which were ‘robbed’ were her sister's handbag and cell phone and her brother-in-law's laptop. Lars phoned his daughter, Sonja Smit, and her husband, who also live on the smallholding.
Covered in blood 
Smit's husband, who doesn't want his first name mentioned, found his mother-in-law in the bathroom and his father-in-law in the living room, covered in blood. "She was already dead," he said. He took his father-in-law to the hospital. Rumsey said the couple's youngest daughter, 17-year-old Alma, wasn't at home during the attack.
Police spokeswoman Monique Vermeulen said police followed a trail of blood – left by the shot attacker -- to a gravel road near the smallholding, where the suspects possibly climbed into a vehicle and fled. Be on the lookout for a man with a bullet-wound… The police have asked doctors and medical personnel to be on the look-out for a man with a bullet wound. Since the South African trauma units treat about 127,000 bullet wounds a year, this might be a large undertaking…
Rumsey said her smallholding had also had an attempted break-in two weeks ago, but the attackers fled when they trigged the alarm. Today all four of their children have left South Africa and settled in Australia.

But that is the case with so many farmers and people living on larger properties around the bigger cities in South Africa today, both white and black. Our president even denies the killing of farmers at the UN. So unfortunately it is not a safe place to live and raise a family anymore. Just listening to all these young political leaders singing one Boer (Afrikaans speaking white male), one bullet, and living in constant fear does not make life easier. Especially when you live in the small towns away from all the bigger cities, like where we live. As soon as the ruling ANC party see that they may loose a voting district, they build hundreds of RDP houses. (In the short-term, the aim is to build one million new low-cost houses in five years. Houses will be funded by government and by business through a national housing bank and a national home loan guarantee fund.) That has changed our town in that where before this initiative our town consisted of probably around 500 white households and 1000 black/coloured households, we now comprise of maybe 100 white households and about 20,000 black/colouered households, which are all ANC supporters as they get their grants from the "ANC' and not the government. At least that is what they are told and believe. And when you have to rely on state funded services where you are constantly being humiliated also takes its emotional toll on a person. I know that there are probably fifty murders per day as a result of black on black violence, but that is their norm and has been their way of life for hundreds of years, so when we complain about farmers being murdered the numbers does not compare to this. But, the difference is that the farmer probably employs 10 to 100 people and their dependants, so the supply of food is at risk. Coupled with land grabs which will be made legal during this year as expropriation without compensation, we live in a constant fear of when these murderers will break down our doors to kill us.

I actually feel sorry for including politics also, but that is the reality of the situation in the new South Africa. The legacy of what happens when terrorists take over the running of a country without knowing how to do it as they were bush fighters, socialists trained in Cuba and Russia, and then of course communists. And the few Jewish communists who helped form the ANC and were the brains behind the ANC, cannot take over as they will then blow their cover. And all this has a huge impact on my emotional life and that is why I included it.

I trust that it will encourage you that there really is life after and with NET cancer. This is my reality today.

You can visit my site at http://www.shama.org.za/ to see what I write about, and maybe you might just find that one subject that you needed an answer for. All my writings are available online for free and all I ask for is that if it blessed you, you can bless us by donating to our ministry. We are finding it difficult to rely on other people to get to shops, doctors and the pharmacy for our monthly medications as we do not have any transport except when asking people to take us to where we need to be. All these places are more than 100km. from home. I have asked for donations for the past ten years but so far have only received two donations, even though my books are downloaded at about 1,200 per month. But then I ask questions that people find difficult to answer, and with most of my writings I end up causing cognitive dissonance to the reader, but I just cannot expect people to just believe any and every pastor who wants to make a quick buck. So if you want to you can leave a donation or do as the hundreds of thousands of others who just walk straight past. Thanks Louwrens


If you feel that you would like to donate to our cause of getting our lives back, you can donate at our payment processor at https://www.payfast.co.za/donate/go/shamaministries

Thursday, 11 April 2019

April 2019 Wat maak ons deesdae?

En hier trek ons sommer ‘n hele paar maande later as my vorige skrywe. Daar is maar baie redes daarvoor en ek dink die grootste een is dat ek my lus vir skryf verloor het. Ek het so nou en dan ‘n stuk gedeel op my bediening se Facebook, maar meeste van die tyd was die artikel reeds lank terug geskryf. Die video was nou wel onlangs opgeneem, en ek glo ek sal gedurende die maand dalk weer ‘n video oplaai en ook dalk ‘n bietjie verder gaan met die skrywes aldaar. Dit is immers net maar ‘n skakel plaas na waar die artikel op my webtuiste is, maar partykeer is ek net nie reg daarvoor nie. Die video’s sal ek doen sodra ek onthou waaroor dit moes gaan. Ek het nogal ‘n nota gemaak op of my foon, of my tablet, of my skoot rekenaar. Nou kry ek nie die lêer opgespoor nie en is dit nogal frustrerend.

So wat het gebeur sedert die vorige skrywe? Toe ek so deurlees wat ek die vorige keer geplaas het, het daar nie veel verander nie. Die ou aar is nog steeds besig om toe gedruk te word, en het die kinders besluit toe ons nou verlede maand so ‘n bietjie in Bloemfontein gaan kuier het dat pa ‘n rystoel nodig het. Dit kon ek nou nie so mooi verstaan waarom Su-Hannie die bal aan die rol gesit het daarvoor nie, want ek het dit maar twee keer gebruik in die drie weke wat ons daar was. Die eenkeer om saam met hulle kwekery toe te gaan om so ‘n paar mooi plante te kry om die tuin weer lewe te laat kry, en eenkeer wat Hettie besluit het dat ek met my kierie ‘n bietjie stadig is om by die winkel te kom. Met ‘n motor soontoe is dit nou weer sukkel om parkering te kry want ek het nie ‘n rolstoel teken wat ek kan rondswaai nie, en mense word nogal opgewonde wanneer jy op die rolstoel vriendelike plekke stop en dan met ‘n kierie uitklim. En dit neem langer om by die sentrum te kom met al die hekke wat moet oopsluit, wag vir die verkeer om in di9e dubbelpad te kom, en dan is daar nog ‘n verkeerslig ook op pad. Teen die tyd wat jy weer in die kar is om te ry het ek al klaar tot daar geloop. En dan het ek rede om ‘n koffie of iets te geniet om eers te rus by die sentrum voordat jy by die winkels kan ingaan. Die sentrum is te na om te ry aangesien Hettie dit in vier minute kan haal wanneer sy alleen loop, maar wanneer ek saam loop seker so agt na tien minute want ek is maar bietjie lighoofdig en verloor maklik my balans aangesien die regteroor heeltemal doof is na die kanker hom beetgekry het, en my bloeddruk nooit weet wat hy wil wees nie. Enige iets tussen 214/120 tot 78/58 is maar die syfers wat hy op die skerm vir my wys, met ‘n pols so tussen 91 en 78, wat ek dink heel aanvaarbaar is. Na die eenkeer met die rolstoel sentrum toe het ons maar albei besluit met die toestand van die sypaadjies en die ongeduldigheid van die motoriste is die kierie opset die beste. Eers toe ek nou weer sukkel met die been wat nie bloed kry nie sien ek eers die nodigheid vir die rystoel in. Wanneer die been so begin doodgaan is dit baie makliker om te ry as om te loop en veral hier by die huis waar die winkels almal binne 200 meter van die huis af is.

Dit was nou regtig lekker ontspannend en kon ons net so ‘n bietjie rustig verkeer, veral toe ons sien dat die klomp van die swart woonbuurt begin om konsternasie te veroorsaak omdat hulle werk wil kry by ‘n kontrakteur wat met sy span werkers by die steengroef klip uithaal vir een van die projekte op die dorp. Hy moet nou sy werkers afbetaal en plaaslike werkers aanstel. Hy het toe maar net sy goed gevat en geloop. Die ander rede was dat die munisipaliteit besig is om ons water op ‘n hoër kop te stoor en al die ou pype wil vervang aangesien daar te veel lekkasies is. Nou wil die klomp want geen idee het hoe om dit te doen nie, die werk self doen en bestuur. Die probleem is dat sover ek kon vasstel daar alreeds van die geld verdwyn het nog voor die projek kon begin. Hulle wil nou glo Maandag die 15de weer al die paaie toemaak omdat daar nog nie aan hul eise voldoen is nie. Gelukkig bly ons darem een straat weg van die pad wat deur gaan na die ander dorpe om ons.

Terug by die huis maak dit natuurlik die mense se koppe deurmekaar. Hulle sien my sonder ‘n kierie rondloop tussen die rose om ou knoppe uit te pluk, stoot die grassnyer rond wanneer ek gras sny en dan eers twee dae moet ek rus voor ek weer iets kan doen, dan later loop ek met ‘n kierie terwyl ek net so ‘n draai tussen die blomme loop en dan weer op ‘n rolstoel. Maar dit is nogal amusant vir my om die mense se reaksies dop te hou.

Verder sukkel ek maar net met die een aspek van hierdie ou onbekende kanker en dit is bloeddruk. Dit het terwyl ons by die kinders was en ek lekker kon ontspan op een dag gewissel van 130/72 in die oggend wat ek dink enige dokter sal tevrede stel, en dan voel jy bietjie duiselig en staan jou bloeddruk by 208/121 net om 20 minute later 156/96 te wees. Die laagste was 78/58. Ek neem nou maar elke dag my bloeddruk en wissel dit maar van baie aanvaarbaar tot kommerwekkend. Maar ek loop al vir soveel jare daarmee, maar is tog moeilik om te verduidelik en die oorsaak daarvoor te kry. Ek weet dit is maar deel van die siekte, maar ek wil nie graag gaan krap wat dalk beteken dat hulle ‘n hartklep moet vervang nie, en ek weet nie of ek kans sien vir daardie roete nie. Daar is ‘n hele paar redes daarvoor, maar miskien is dit beter om nie te weet nie.

Een van die grootste probleme wat die gewas maar nou veroorsaak is dat die regterbeen die meeste van die probleme kry. Dan is dit dat hy half lam word en jy nie oplet waar die been heen gaan nie wat maar maak dat jy so ‘n bietjie dronk voorkom, en dan kry hy steke soos wanneer jy verkeerd gesit het en hy dood gegaan het, soos die Engelse dit noem “pins and needles”.

Terwyl ons in Bloemfontein was en die eerste paar dae by die huis was dit vir my moeilik om rystoel affêre te aanvaar want volgens my was dit nie nodig nie. Ek het dan so goed met die loop en kierie reggekom. Maar toe tref dit my tussen die oë toe ek skielik voel ek sukkel om langer as twee minute stil te staan want dan wil die ou regterbeen net “doodgaan”. So nou het ek gesien dat ek maar net moet wag, die rede sal wel uitkom en het5 ook soos ek vroeër genoem het, en daaroor is maar net te dankbaar dat dit wel gebeur het. Dit maak dit ook natuurlik vir my moontlik om meer saam met Hettie winkels toe te gaan want nou kan ek lekker ry en nie so moeg word nie.

Dan het ons ook nogal baie reën gekry terwyl ons nie hier was nie. Die een dag was dit glo so 75mm binne 20 minute. Gelukkig het ons huis die water so net net gemis, maar my buurman moes 'n muur om sy agterdeur bou om die water uit te hou. Die eerste storm het so 5mm water in sy kombuis gelos, en toe het hy eers net 'n steen hoogte muur gebou wat hy nou maar wil opvul dat dit basies 'n stoep is, maar toe met die tweede storm het die water toe oor sy muur gestroom en weer in sy nuwe kombuis in. So al sy kombuiskaste se hout het skade aan. Net vir die wat nie weet nie in ons dorp is die straat maar ook die stormwater afvoer stelsel en het ons 'n bruggie om van die pad na ons erf te gaan. Jare gelede het daar glo redelik gereeld water in die huis gekom van die straat af, maar nou het die mense so oor die jare 'n muurtjie gebou en toe rond gemaak sodat jy darem daaroor kan loop en dit hou die water uit. Maar diekeer was dit volgens vriende van ons ook maar net net. Ons spot altyd ons bly nie in Presidentstraat nie, maar in Presidentrivier in die reen seisoen. En dan het ons nou skielik herfs waar ek maar elke dag amper 'n langbroek aanhet saam met 'n langmou hemp of selfs 'n baadjie of trui.

So dit is omtrent alles wat met ons aangegaan het die afgelope paar maande. Een ding wat ek vergeet het om te noem is dat daar nogal baie dae verbygaan waar jy in die aand wonder of jy ooit iets gedoen het. Maar dit is ook nodig om rustig te verkeer. So tot volgende keer, mooi loop.
So om mee af te sluit wil ek maar weer een van my gunsteling sangers se lied deel. Die een kom van Kris Kristofferson. https://www.youtube.com/watch?v=1tA7E7pbUws

Saturday, 2 February 2019

Februarie 2019

En hier staan ons in ‘n nuwe jaar met nuwe uitdagings en aanpassings. Maar dit is waaroor ek my  boodskap vir die nuwe jaar geskryf het dat jy net ‘n normale jaar sal hê. Ons almal dink elke jaar dat daar sekere goed is wat ek graag wil doen en dalk beter wil doen as in die verlede, maar eintlik moet ons so lewe dat daar nie ‘n verskil is tussen gister en vandag nie. Die oomblik wat daar ‘n groot verskil is het ek of baie sleg gedoen die vorige jaar, of is daar werklik groot veranderings wat ek in my lewe gemaak het. 

So hoe gaan dit hier by ons? Daar is een woord wat dit baie goed opsom en dit is warm. In die sesde somer wat ons nou hier bly het ek nog nie sulke weer beleef nie. Dae en weke waar die temperatuur sukkel om onder 36 C in die dag te kom in Desember, en dan afkoel na so 25 of 26 C in die nag. En dan het ons die nuwe jaar begin met ‘n lekker bui reën toe ons sommer 17mm gekry het. Maar dit is ook sover die enigste reën vir die seisoen. So ek word half gedwing om my tuin nat te sprinkel want anders het ek verseker nie een plant of gras oor in die erf nie. Die hele Januarie het ons geen verdere reën gekry nie en het die temperatuur gesukkel om onder 40 grade te kom in die dag en 25 in die nag. 

En glo my met die wind wat ons hier kry moet jy maar elke stukkie grond probeer toekry of nat te kry anders is jou huis binne minute weer so vol stof asof jy weke lank nie afgestof het nie. Ek het nou gesien my enigste perske boom wat ek het wat so ‘n bietjie skadu gee vir die rose se takke binne het begin uitdroog en lyk die bas of dit soos houtskool is en die hout begin te kraak. Nou sy vervanging het ek darem ‘n skadu boom maar ek kan nie waag om hom uit te plant nie want dan gaan hy verseker nie oorleef nie. En daar kry ons skielik sommer 20mm reen die afgelope drie dae.

Gesondheid gewys is dit maar wisselvallig. Ek sukkel nou al vir die afgelope twee maande na ons besoek aan Pretoria om ons biometriese data te doen vir ons visums om Aussie toe te gaan en by Esthee te kuier, om weer in ‘n redelike voorspelbare siklus in te kom. Dit is of hardlywig en dan is ek so verstop dat winde nie eers wil uitkom nie, of dit is heeltemal na die ander kant toe en so ‘n bietjie oordrewe diarree. Die laaste is wel beter as die eerste want dan weet jy darem alles is oop en daar is nie iewers ‘n derm wat dalk deur die ou kanker verstop is nie.  

My grootste probleem is maar dat die gewas seker nou sy finale stadium bereik het en loop ek meeste van die tyd met 'n linker knie rond wat heeltemal koud is en so amper pers is. Dit is maar die gevolg van die gewas wat nou bloedsirkulasie na die onderlyf begin afsny, en is dit nogal moeilik om in die aand  op die bed te lê, dit is te warm om onder iets te lê, en dan vind jy dat die bloedsomloop na jou regterbeen afgesny word en dat jy net spelde en naalde (pins and needles) in jou been kry en dat hy heeltemal doodgaan. So dan word ek maar wakker en moet ek maar rondbeweeg totdat ek weer die aar so kan kry dat hy weer bloed na die onderlyf kan deurkry. Vir die wat so 'n bietjie mediese kennis het of van weet is dit die “superior mesentary artery” wat deur die gewas gaan wat nou begin om heeltemal toegedruk te word. Daar is glo 'n paar cowboy dokter wat ribbes breek en dan probeer om die gewas kleiner te maak of te verwyder, maar die slaagsyfer is maar laag. En dan net as jy dink jy het die bloedsomloop weer aan die gang dan is dit weer ‘n ander gedeelte in die onderlyf wat weer nie bloed kry nie. So waar ek in die verlede kon oë toemaak en slaap tot die volgende oggend, is dit nou aanhoudend wakker word en rondrol om net weer ‘n bietjie te slaap en dan weer sukkel met die bloedsomloop. Maar soos in die verlede is dit nou maar net weer ‘n nuwe normaal om aan gewoond te raak en dan is die Kaap weer Hollands. 

Wat Hettie aanbetref is sy baie goed twee jaar na haar bilaterale mastektomie, maar het fibromialgie kop uitgesteek by haar wat haar maar baie seer laat kry. Dit is baie moeilik vir haar om daarmee saam te lewe en probeer ons maar ook om die druk en gemoedstoestand reg te kry. Sy kry medikasie, maar dit help nie regtig vreeslik nie. En nou is dit maar eksperimenteer met wat vir haar help.

Gelukkig verwag nie een van ons dat die ander persoon alles moet doen nie, so ons spring maar in en doen wat jy kan doen elke dag. Ek het nou al gewoond geraak daaraan dat wanneer ek ‘n vleisie braai ek sommer genoeg doen vir ‘n paar etes, of as ek ‘n pot maak dan sommer ‘n nommer 3 vol te maak vir ons twee. So dit beteken gelukkig dat daar baie aande is waar ek eers so vyf minute voor ons eet die kos eers regkry, want dit is alreeds gaar en het ek dit al vroeg oggend uitgehaal vir vanaand se ete. En wanneer jy dalk pasta wil maak neem dit in elk geval net 8 minute om die pasta gaar te kry, so dit is nie of ek ure voor die stoof moet spandeer nie. En nou moet julle net onthou dat jy nie sommer net ‘n pizza kan bestel en gaan haal nie. Nee jy moet al vandag bestel indien jy more een wil hê. 

Met die kinders gaan dit redelik goed. Su-Hannie is baie besig in Bloemfontein om haar klerkskap klaar te maak as prokureur nadat sy verlede jaar haar LLB geklaar gemaak het, maar dit gebeur maar wanneer jy eers op 34 jarige ouderdom besluit dit is wat jy wil doen. So die kinders pas nou aan by die skool want hulle is gewoond aan die plattelandse skool en nou skielik is dit ‘n baie groot skool. Ek sien juis gister dat Theuns het besluit hy wil by die skaakklub aansluit en ek kan al sien hoe hy die ander kinders gaan verras, en Jana het besluit om verder met haar viool aan te gaan. Sy speel dit al so goed en hierdie oupa en ouma is super trots op hulle. Bani geniet nou die lekker vinnige internet vir sy werk want met ‘n hoë spoed fiber internet is dit verseker beter as ‘n 2gb lyn wat hy op die plaas gehad het. Esthee gaan aan maar sy kan ook nie wag om te kom kuier nie. Gelukkig het sy darem ‘n amper twee jarige wat haar besig hou. Dit was maar vir haar en ons ‘n groot aanpassing toe ons besef het ek sal nie so ‘n lang vlug kan hanteer nie. En Barney en Debbie is baie gelukkig en gaan maar net elke dag aan. 

Met my skrywes sukkel ek maar so ‘n bietjie want die ou kop wil nie bly by dit waar hy moet wees nie, en vind ek dat ek iets begin en dan eers weer drie weke later dalk net weer deurlees sonder om iets verder te skryf. So byvoorbeeld het ek skielik een dag onthou dat ek nie verlede week se artikel op facebook gesit het nie en sal dit maar later doen, en dan het ek so 'n klein boekie van so om en by 26 bladsye geskryf in November en Desember, dit op Nuwejaarsdag op my webtuiste gelaai, maar nooit eers enige skakel daarna of op facebook of op my eie webtuiste gesit het nie. Ek kon onthou ek het iets geskryf, maar dit is al wat ek kon onthou. So die skakel na die boek is  http://www.shama.org.za/boeke/Afr%20Pupose%20driven.pdf  

So of ek raak oud, of iets anders is aan die gang. Met die reën die afgelope twee dae het my grasperk ook skielik van halfdood na lewe verander en sal ek maar Maandag oggend gou die lang blare van die gras moet afsny vir die eerste keer hierdie seisoen sodat die gras net weer kan onthou dit moet eintlik rank en nie lang blare maak nie. 

Dan het ons ‘n lekker ete gehad saam met die paartjie wat ek so ‘n rukkie terug getrou het, en dan het ek Sondag ook sommer ‘n doopdiens gehou waar ek die voorreg gehad het om twee persone se tog vir hulle te help om te begin van Egipte waar hulle onder die Farao (Satan) se mag was na Kanaän toe, waar hulle nou onder die mag van die HERE is en Satan en sy trawante se mag in die doopwater verbreek is. Dit is ook hand aan hand wat ek sover die jaar op my bedienings blad op Facebook begin deel het. 

So dit is maar ons nuus van die Karoo af. 

My lied vir vandag is maar een wat naby my hart is wat ‘n mens maar net moet weet dat die HERE altyd daar is vir ons, veral met die huidige gesondheid en dan natuurlik om nie eers te praat van die politieke toestand in ons land nie.